Ek kom nie baie hierby uit. Ek sukkel om in die blog te kom want ek tik of die email of die password verkeerd in, en dan sukkel ek. verder tik ek stadig en vat dit lank om te se wat ek eintlik wil. nog verder, dis E se rekenaar en hy spandeer die meeste van sy tyd daarop. Ek begeer my eie.
Miskien verstaan nie almal dit ,maar hierdie is nie n dagboek of boekhou van my lewe nie, dis n formulering van wat ek in wese is. Dis n stuk van myself wat dalk soms vir die wat lees n helse ontnugtering kan wees. Is dit hoe sy toe die heeltyd daaroor gevoel het...? Ek wil nie bang wees om te sê nie , ek wil net sê. Sien hierdie as n unieke ekwees, nie as negatiewe refleksie op ander nie. voel welkom om te reageer , maar die reël is slegs in geskrewe taal. Ek het geen begeerte om jou in straat raak te loop en oor my blog te gesels nie.
Dis n donnerse koue pastorie waarin ons bly. Ons het nie geld vir ekstra heaters nie en mag die kerk nie te veel aan elektrisiteit kos nie.Ek dink daar is min goed wat ek so intens haat as die kerk. Dalk is haat nie die regte woord, dit suggereer woede wat nie noodwendig so is. En ek is genoeg gegiet dat woede ver weggebere is. Nee , eerder n gevoel van verfoeinis. Maak hierdie hele paragraaf n kantaantekening. Ek dink ek kry maar net koud vandag.
By the way , hierdie was ek ook , nie net Anna.