Dis Sondagaand. More is skool. Die huis is op sy kop en my man het nie eers skuld daaraan , want hy is ver weg in 'n ander land. En as die huis lyk soos nou huil ek in my hande! Dankie , dankie vir wonderlike huishulpe. Dat myne nie elke Maandag die pad vat nie is 'n absolute wonderwerk. Vir lank het ek nie geblog omrede ek nie hou van die houvas wat iets op my kry nie. En ek het van begin af gevoel ek wil net iets skryf as ek so voel. So daar is dit nou. Ek het so gevoel .
Hoop daar is ander ook met vuil huise op 'n Sondagaand en min moed vir Maandag...