Vir die rede

Vir die rede

' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '

Monday, July 18, 2011

waarnemings van 'n eenvoudige mens

ek beskou myself as 'n redelike eenvoudige mens wat nie te veel weet van enige iets nie, sommer maar doodgemiddeld. en hierdie doodgemiddelde mens het eendag besluit sy hou van die idee van blog. dit het my laat dink aan 'n dagboek hou. iets waarin jy soms gedagtes ens kan neerpen. en in die begin het ek dit geniet om te kyk of  daar enige reaksie op my skrywes was, soveel dat ek die rekenaar soos 'n trekpleister ervaar het. min of meer dieselfde tyd het my man begin blog, en as hy eers koerskry met iets dan is hy soos 'n vis met 'n hoek in die bek, hy loop met daai vislyn! en ek het ander se blogs begin lees, sommige interessant en ander minder. en saam met die ontdekking was dit interessant om kommentare te lees. tot op 'n punt . ek het besluit dat dit die een deel is wat ek nie van hou nie. deels omdat dit die kommentaar was wat my verslaaf laat voel het en deels omdat ek op ander blogs gesien het hoe mense in sinnelose argumente kan betrokke raak. so ek blog , dis nou as ek lus voel om te blog, sonder kommentaar. sommer maar net los gedagtes van 'n doodgemiddelde ma . en as iemand my perongeluk raaklees is dit reg.