Vir die rede

Vir die rede

' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '

Sunday, July 24, 2011

'n halwe dag in die stad

na slegs 'n halwe dag in die stad is ek bly dat
  • ek nie daar bly nie
  • dat ek nie AL my kinders saam het nie
  • dat ek nie meer kleuters het wat in besige sentrums aan die skree gaan nie
  • dat ek nie by 'n verkeerslig hoef te staan met 'n kaartbord wat lees van my 4 kinders en werklose man en asseblief ek het geld nodig en ry veilig dankie
  • en om een of ander rede is ek bly dat ek nie nou eers jonkgetroud deur Mr Price Home drentel en saam nadenkend staar na die kussing/vaas/koppies/borde/prent/duve oor wat die beste by ons dekor gaan inskakel 
  • is ek vreeslik bly as die kar se neus terug huistoe draai
  • en dat huis op die platteland is