- Sou ek minder moeg geword het as ek nie daai baie kilos weer opgetel het nie?
- Hoekom sit winkels altyd die skoene aan die agterkant van die winkel. Teen die derde sentrum het ek so in die deur van die winkel gestaan en op 'n afstand probeer scan of daar iets van waarde op die skoenrak was.. Meestal moes ons die afstand loop tot daar net om te sien daar is toe niks. Ag tog.
- Hoekom word silwerskoene net in fyn sandaaltipeskoentjies gemaak? So NIE my dogter se smaak NIE.
- Hoekom is die hedendaagse sentrums so groot?
- Later het die vrae nie eers meer oor skoene gegaan nie..
- Hoekom lyk ek so sleg in die weerkaatsings?
- Waneer het ek so oud geword as ek my eie oog in 'n spieël vang.. Miskien lyk gatvolmense oud.
- Hoekom moet my seun so irriterend wees? Vergeet om te sê dat die ouboet ook moes saamkom.
Die befaamde matriekafskeidskoene