Vir die rede

Vir die rede

' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '

Sunday, August 21, 2011

Preek daai man vandag..?

Was die woorde van my tweede oudste vanoggend in die kerk. Verwysende na die onbekende bejaarde dominee op ons kansel . Wat my laat dink het aan die ondankbare lewe wat predikante deesdae kan beleef. Of gelukkig meestal salig onbewus van is. Meestal is die gemeente nie lus vir kerk nie, maar om te weet wie vir jou wag maak darem dat jy die situasie redelik vooruit kan antisipeer. Die diens sal min of meer so lank wees , die dominie se styl min of meer so , maar in geval van 'n wildvreemde dink ek my seun se hardop wonder het ge-eggo  in heelparty gedagtes. Bejaarde predikante preek gewoonlik baie langer , seker vir die min kans om nog gehoor te kan word, en daarom sak meeste gemeentelede se moed in hulle skoene met die eerste waarneem van 'n vreemde prediker! Hedendaagse dominies het 'n baie korter aanslag..
So tussen hakies wil ek net byvoeg dat ek dink die afbreek van alle kerkgeboue in ons land 'n totale ander perspektief op kerktoegaan sal meebring.
Terug by vanoggend se diens. Wat 'n diens! Fenominaal! Ons meer charismatiese medegelowiges van ander denominasies kan soms so smalend praat van die ouer geslag tradisionele predikante. Die wat hulle sogenaamd vir soveel jaar 'mislei' het en weggehou het van die waarheid. Vanoggend het 'n agfetrede dominie met soveel wysheid en deernis tog baie ferm net weer vir ons jonges kom vertel hoe die regte manier is om ouer vir jou kind te wees. En wat aan die einde van jou of jou kind se lewe werklik belangrik is. Goed gewees om te hoor. Ons wat sooo verstrik in die lewe kan raak.