- Jy moet in die oggend daarmee die ketel kan gaan aansit sonder om die huismense of maatjies wat oorslaap skrik te maak
- Jy moet daarmee dalk jou man se kollega (wat 'n vroeë opstaner is) onverwags kan face
- Dis nighties wat die toets van die tyd kan deurstaan , deur die vet en maer jare
- Soms moet jy gou uithol en die koerant gaan haal , hek oop of toemaak , wasgoed van draad afhaal voor dit reën en nog steeds van ver af lyk asof jy iets aanhet wat nie suspisieus vertoon nie
- Gewone nighties moet ook bo die middellyn amper soos gewone klere lyk. Jy weet vir daardie kere wat jy vroegoggend die kinders by bus vir sportgeleenthede moet aflaai. Of vir die oplaai laataand na 'n partytjie
- Dis nighties wat sê wat dit is nl. nighties , soos in night night ek gaan nou slaap. Honeymoon nighties gee nie die boodskap so duidelik deur nie
- En laastens ; gewone nighties is altyd aan jou kant. Hulle verstaan jou soos geen ander kledingstuk. Plaas geen druk op jou nie . ( kan nou nie juis dieselfde sê van see through'es nie ) En baie belangrik: gewone nighties kan hulle nog steeds skik na gelang van die geleentheid . If you catch my drift.
Vir die rede
Vir die rede
' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '
' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '
Thursday, December 23, 2010
Honeymoon nighties
Dis die beskrywing wat ek vandag in 'n klerewinkel hoor. 'n Vrou wat so terloops , oppad deur toe aan haar opgeskote dogters , of dalk kleindogters, die woord honeymoon nighties toedig vir die mooi pienk dingetjie wat daar hang. O , sulke heerlike momente wat vir my eindelose binnepret veroorsaak Mooi see through nighties , wat my my dadelik laat begin wonder wat sou dan die verskil wees tussen gewone nighties en honeymoon nighties . Terug by die huis besluit ek : gewone nighties is nighties vir ma's.