Vir die rede

Vir die rede

' Your friend is the one who knows all about you, and still likes you '

Tuesday, March 22, 2011

Niks te sê

Ek blog eintlik net as ek iets te sê het . en nie altyd het ek iets te sê , dan kyk ek maar wat die ander sê..
En soms , as ek begin soos nou , dan is dit asof jy tog nog onthou van iets wat jy graag met jouself wou deel.
( Want tot dusver was dit maar ek en myself in gesprek. Onlangs het ek begin agterkom dat daar dalk miskien ekstra lesers bygekom het. Mense wat my van geen kant af ken en net afleidings rondom my bloginskrywings van my maak. So sterkte julle ! )
Na my verjaardag het ek die voorreg gehad om weereens te ontdek wat 'n vrou soos 'n ware vrou laat voel.. 'n Splinternuwe GROOT wasmasjien!
Soos my een suster sê : dis baie meer werd as strooi van roosblare.