Ek maak vanoggend my vier kinders een vir een wakker vir skool en terwyl ek besig raak met eiers kook en pap maak strompel een slaperig die kombuis in met n verklaring oor hoe honger hy is en ek dink aan die mense in ons omgewing wat die vorige dag twee van drie kinders verloor het in 'n ongeluk en wonder o wonder hoe werk dit ? en as jy nog nooit God bevraagteken het nie moet asseblief nie verder lees nie want mense soos jy sal nooit verstaan hoekom mense soos ek wonder nie , want hoe besluit Iemand uit hierdie kar haal Ek vandag twee vir My en een kan julle maar vir julle hou. Hoe word daar gekies watter moet gaan en watter moet bly .
En ek is so innig dankbaar dat my dogter wel nog soggens uit haar kamer verskyn al verander sy die wêreld om haar in 'n orkaan , dat B gerusstellend roer as ek hom roep , S nog steeds sy eerste oggendkoffie so met oorgawe kan geniet en E wel opstaan al raak hy vier keer weer aan die slaap.
So innig dankbaar dat ek nog al vier hier mag hou by my.
( en as jy soos ek is , lees bietjie Disappointment with God , deur Philip Yancey )