- ek moet vrede maak met die dominie se beroep(roeping). Daarom sal ek met die vogende ook moet vrede maak.
- die geskeide ex- gemeentelid wat my en my man ignoreer langs die rugbyveld. Omdat ek dink hy seker voel die dominie het niks te sê oor sy nuwe of ou huwelik
- die lanklaas- in- kerk gemeentelid wat verlam is na vreeslike ongeluk wat die dominie 'n koue skouer gee. Hoekom weet ek nie. Ek dink hy voel die dominie het hom nie genoeg bygestaan tydens sy krisis
- met Sondae wat 'n werksdag is en nie 'n rusdag
- die tannie wat eendag lank terug gesê het ek en dominie raak nou lekker vet. Ons was seker vet. Toe al
- die eiendomskomissie wat my seuns die kerkterrein verbied het. Seker omdat die jongste en sy tjommie besluit het dat die Gedenktuin 'n fantastiese basiskamp vir hulle 'weermag' was
- ons vorige Kollega . Seker maar oor hy en dominie mekaar nie so mooi verstaan het nie. Ja , dit kan tussan kerkmense ook gebeur
- die mense wat dink hulle mag nie suggestiewe grappe voor die dominie se vrou vertel nie. Seker omdat hulle dink ek dit in elk geval nie sal verstaan nie. Meanwhile back at the ranch..
- die tannie wat eendag gekla het oor dominie so sweet. Snaaksgenoeg , dis dieselfde een wat gekla het oor die vet kwessie - ek sal haar eerste moet plaas op my lysie .
- die mense wat spottend na my verwys as Mevrou Dominee . Daai een verstaan ek glad nie. Ek lyk seker soos een. Meanwhile , back at the ranch..
- my broer wat met die groot nuus dat ek met 'n predikant gaan trou , gesê het dat ek die bloedlyn gaan verswak. Maar dit was net 'n grappie , so dit tel nie vir hierdie lysie nie
- die vrou wat lank terug in 'n erge huwelikskrisis my man toegesnou het dat hy net daar staan met 'n f****n bek vol tande. Seker omdat hy net op daai stadium 'n gewone mens was wat nie geweet het wat om te sê nie en eerder stilbly as 'n sinnelose gebabbel pleeg
- die oom wat my man na sy huis toe laat kom net om vir hom in sy gesig te sê dat hy slapgat is. Sulke woorde laat die oom seker lekkerder slaap
- die mense wat die kerk verlaat vir 'n ander een omdat ons te verlig en soms te verkramp is. Dis nou dieselfde gemeente maar uit twee hoeke bekyk
- die gemeentelid wat op die kerkkantoordame se oproep om die dominie se huisbesoek te skeduleer vra watter dominie dit is en toe hy hoor dis my man sê nee hy wil nie hê die dominie moet hom besoek. Hoekom nie, nee ek weet ook nie. Seker maar net een van daai dinge
- die mense wat die dominie na die diens beetkry omdat ons Engelse liedere gesing het. Ons het darem flippen lekker gesing daaraan
- die dwelmafhanklike jongman wat eendag my nuwe leerhandsak en selfoon gesteel het nadat hy kwansuis die dominie kom sien het oor sy probleem
- die kerkraad.Hulle sal nooit kan droom hoeveel spanning hulle in my huis gegenereer het nie
- die mense wat die dominie versoek om net gou op die ander foon te bel as hy 'n afspraak wil maak en dan glad nie weer te antwoord nie. Dis nou 'n kwessie van tussen (telefoon)lyne lees
- die onsensitiewe kinders en soms onderwysers wat my kinders gebuk laat gaan onder die titel van hulle pa
- en sommer vir die mense wat my nie groet omdat hulle kwaad is vir die dominie
- en ook sommer almal wat al iets te sê gehad het oor ons wat nie so vleiend was nie en gelukkig nooit ons ore bereik het nie
- en almal wat glo die dominie se gesin moet elke Sondag in die kerk wees. Maar met hulle het ek lankal vrede